WIE IS DIE TWAALF

Die Twaalf, van Hageniam, Tiekie Taai. Hageniam waar hy sy eerste song rekord het. Tiekie Taai (Jeffreys baai) sy tuis dorp, waar hy sy laerskool jare voltooi het by Pellsrus Primêr.

Hy was ook goed aktief en deel van sport, soos rugby en spesifiek Atletiek: “Was dit nie vir sport nie, sou ek nooit so baie plekke kon sien nie, omdat ons destyds net moes worry oor kos op die tafel sit” 

Vandag is Die Twaalf bekend vir songs en videos soos Jou Ma WaardeerIs net vir nouKappedien, en meer onlangs Windgat: “Ek weet nie presies waar die idee vanaf gekom dit, om my hare n middelbles te sny nie, maar dit het gewerk, en as ek moet sal ek dit weer so sny, Dankie Breda, jyt hom rerig real laat lyk”

Die afrikaanse rymkletser is die oudste van vier kinders, sy Ma, Geraldine Hammond, wie tot vandag haar kinders met trots grootmaak, was nie altyd ten gunste van die idee dat hy musiek kies vir n lewe nie, maar, wie vandag met trots agter hom staan

“Ons het eers in n karavaan gebly want my pa het ons huis destyds verkoop. My Ma moes toe op haar eie bly, want my Oupa het my gevat. Later het ek wel gesien my Ma sukkel, en het ek by haar gaan bly. Sy het my meer nodig gehad man. Daardie was Die Twaalf beste jare van my lewe met my Ma, daarom ek so lief is vir die syfer Twaalf, my eerste posisie op n rugby veld was ook Die Twaalf. Later het my sister gekom en het my Ma nie genoeg tyd meer vir my gehad nie”

SKOOL

Die jaar 2011 matrikuleer Kurt-lee Phil Ambrose Hammond (Die Twaalf)  te Humansdorp Sekondêr. Na skool het hy aansoek gedoen Universiteit toe, vir LLB doen. 

Sy Oupa (Kenneth Hammond) is ook daardie selfde jaar oorlede. “Ek hou baie van my Oupa se naam Kennis, hy was rerig slim, en het altyd so van alles geweet. Hy het dit altyd terwyl ons so langs die strand vis vang, my probeer opskerp, ek kry letterlik nog trane in my oe as ek na my Oupa dink. Hy was die beste, Oupa Kinders draai altyd die beste uit en goed ge-manierd, ek sal jou nooit vergeet nie Daddy”. 

 In 2014 gaan studeer hy by NMMU vir n graad in Human movement science.

Na hy sy eerste jaar voltooi, het hy weggeloop oor daar nie geld was vir sy tweede jaar nie. “Kyk hie, daai was my ticket out, uit die swaarkry, uit die hokkies agter in mense se huise, en het ek uitgesien om my Ma en broers en sister n beter lewe te gee. Daai jaar was die moeilikste, ek was nog nooit so depressed nie. Ek onthou nog hoe ek my kop gereeld teen die mure gekap dit, oor ek nie God se plan verstaan dit nie. Ek het ook gereeld probeer my lewe neem”. Daardie was ook die jaar wat hy begin leer skryf, spesifiek gedigte en later dit begin doen op Youtube beats. 

My eerste song

In 2018 het hy eers ‘Een Kans’, sy eerste song vrygestel. “My lewe was rerig altyd deurmekaar, ek het altyd God gevra, wat my doel was. Hoekom lewe ek, hoekom lewe ek, maar ons moet so sukkel-sukkel lewe. Na klomp jare 25 jare, om spesifiek te wees, het alles eers sin gemaak. Musiek het alles kom verander, vandag inspireer ek honderde, met my storie en opgroei. Dit maak dit die moeite werd”. Die Twaalf het onlangs sy Mixtape Voor Alles vrygestel, wat beskik oor ses 6 Songs en n video.” Ek het dit op Cd gesit, want dus n memoir, dus n trophy, wat mense kan hou vir klomp jare, en omdat my Ma met Cd’s groot geword dit, wou ek graag hé sy moes haar eie kind, sien en hoor op een”